Luister direk na die radio

Dankie dat u inskakel en GNR-Live jou radio van keuse gemaak het.  

Ons bede is dat die Here u sal seën.

“Want God het Sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom Gered kan word.” Joh 3:7

Boodskap vir die week

Sluit aan by een van ons Whatsapp groepe

In die haastige gejaag van die wêreld is dit goed om betrokke te wees by ‘n groep wat jou geestelik kan stimuleer. Vind hieronder ‘n paar whatsapp groepe waarby u kan betrokke raak en wat elkeen van die groepe vir u bied.  U kan aan al drie die groepe behoort of u kan kies wat meer gepas is vir u behoefte.  Wat jy ook al kies, jy mis nie uit op die woord boodskappies wat elke dag geplaas word nie.

GNR-Live Gesels Groep

As jy opsoek is na ‘n plek waar jy kan inskakel, saam kan bid en deel wees van iets wat ‘n verskil maak, raak betrokke by die GNR-Live  groep.  Dit is nie net bloot ‘n kletsgroep nie, maar ‘n gemeenskap van gelowiges wat saam groei in die Woord van God, mekaar bemoedig, en waar ons die krag van gebed en getuienis ervaar.

Ons deel ook belangrike aankondigings oor spesiale radio-uitsendings – sodat jy niks mis nie.  Maar dit is ook meer as dit:  ‘n plek van gemeenskap, genesing en genade.  Mense deel hul harte, hul stryd en oorwinnings en ons staan saam in geloof.

Deel jou gebedsversoeke.  Getuig van God se goedheid in jou lewe.  Ontvang aanmoediging wanneer jy dit die meeste nodig het en ontdek hoe kragtig dit is wanneer kinders van God saam bid, saam gesels en saam glo.

Sluit vandag aan en wees deel van ‘n beweging van hoop en lewe in Christus!

Waar twee of drie in My Naam vergader, daar is Ek in hulle midde.  Matt 18:20

Volg die skakel om aan te sluit:

Manna Vir Elke Dag

As u by Manna vir elke dag aansluit kan u die volgende verwag.

Dit is nie ‘n gesels groep nie. Dit is om lede tegemoet te kom wat besige fone het.  Gewoonlik is dit vir besigheidsmense nie maklik om groepe deel te wees waar daar baie boodskappe geplaas word nie.  Maar hulle het tog behoefte om daagliks deel te hê aan boodskappe wat gedeel word in die oggend en in die aand. 

Daar is dan net ‘n boodskap in die oggend met twee liedere en weer ‘n boodskap in die aand met twee liedere.  Slegs Admins kan boodskappe plaas.  

Die oggend boodskap gaan ook uit om 05H30 en daan weer in die aand vanaf 18H30.

Vir meer inligting kan u my skakel by 081 3333 728

Volg die skakel hieronder – Sluit aan

Lifestyle Gospel

Lifestyle Gospel Musiek bied daagliks vars geestelike inspirasie om jou geloofswandel te versterk.  Jy kan elke dag uitsien na:

Nuwe geestelike musiek in beide Afrikaans en Engels – Musiek wat jou sal aanraak en jou fokus op die Here rig.  Die wonder van musiek in aanbidding en lofprysing is ‘n groot seën uit die hand van die Vader.  

Oggendboodskappe om jou dag met hoop en vrede te begin.

Aandboodskappe om jou dag rustig af te sluit in die teenwoordigheid van die Here.

Jy luister in jou eie tyd, in jou eie ruimte – of dit nou tydens stiltetyd, werk of ontspanning is.  Slegs Admins kan boodskappe plaas.

Baie dankie vir die bydrae wat u maak aan GNR-Live.   

Bank besonderhede is as volg:

GNR-Live,  Capitec Bank,  1357346830,  470010.

As die Here u lei om ons te ondersteun, kan u ‘n EFT betaling doen in die bogenoemde rekening.  U bydrae sal ‘n groot verskil maak.

Geskeduleerde programme

Bloom a child bedieninge

Dit is vir ons ‘n voorreg om deel te wees van die besondere reis waarop die Here Yolandé Kotzé lei.

Vir die afgelope jare het ons aan die stemme van tannie Flossie en die minlike Daisy gewoond geraak.  Hulle deel die verhale van die Bybel op ‘n spesiale en kinderlike manier, waardeur spesifieke persone en gebeure uitgelig word. Die diskoteek van Daisy se Bybelstories groei geleidelik en u kan dit volg op ons potgooi-blad wat na ons YouTube-blad verwys.

Met haar toewyding en bereidwilligheid om die Here te volg in haar dienswerk, het die Here haar bedieningsveld aansienlik uitgebrei. Maar dit is slegs die begin. Die droom is om die evangelie na kinders reg oor Afrika te bring.

Die behoefte aan die woord van God en aan waarheid is veel groter as wat mense wil erken. Yolandé is geroepe om deur Bloom a child bedieninge in daardie behoefte te voorsien.

Daar is baie mense wat graag in kinders se lewens wil belê, maar dikwels weet hulle nie hoe of waar om te begin nie. Ons nooi u graag uit om met Yolandé in verbinding te tree by 079 957 5226.

Nuutste stories geplaas

Genesis – 22 Stories

Exodus – 16 Stories

Numeri – 9 Stories

Joshua – 8 Stories

Rigters – Stories

MarinzCrochet

Besoek gerus ons blad deur die skakel te volg.

Volg

Besoek gerus die blad van MarinzCrochet vir daardie spesiale geskenk vir ‘n geliefde.

MarinzCrochet bied items te koop aan asook bestellings wat geplaas kan word.

U ondersteuning aan MarinzCrochet bied ook ondersteuning vir GNR-Live