GNR-Live Christelike Internet Radio

  Luister direk na die radio

Dankie dat u inskakel en GNR-Live jou radio van keuse gemaak het.  

Ons bede is dat die Here u sal seën.

“Want God het Sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom Gered kan word.” Joh 3:7

Manna boodskappe vir elke dag

Daar word elke dag ‘n nuwe boodskap geplaas vir u om saam met ons die woord van die Here te oordink.  Nooi gerus u familie en vriende om dit saam met u te luister en saam te groei tot wasdom in Christus.

“Like” en “share” die boodskap, asseblief.  Deur dit te doen word u ‘n evangelis wat die boodskap help versprei. 

Baie dankie vir u gewilligheid.

Baie dankie vir die bydrae wat u maak aan GNR-Live.   

Bank besonderhede is as volg:

GNR-Live,  Capitec Bank,  1357346830,  470010.

As die Here u lei om ons te ondersteun kan u ‘n EFT betaling doen in die bogenoemde rekening.

Bloom a child bedieninge

Dit is vir ons ‘n voorreg om deel te wees van die besondere reis waarop die Here Yolandé Kotzé lei.

Vir die afgelope jare het ons aan die stemme van tannie Flossie en die minlike Daisy gewoond geraak.  Hulle deel die verhale van die Bybel op ‘n spesiale en kinderlike manier, waardeur spesifieke persone en gebeure uitgelig word. Die diskoteek van Daisy se Bybelstories groei geleidelik en u kan dit volg op ons potgooi-blad wat na ons YouTube-blad verwys.

Met haar toewyding en bereidwilligheid om die Here te volg in haar dienswerk, het die Here haar bedieningsveld aansienlik uitgebrei. Maar dit is slegs die begin. Die droom is om die evangelie na kinders reg oor Afrika te bring.

Die behoefte aan die woord van God en aan waarheid is veel groter as wat mense wil erken. Yolandé is geroepe om deur Bloom a child bedieninge in daardie behoefte te voorsien.

Daar is baie mense wat graag in kinders se lewens wil belê, maar dikwels weet hulle nie hoe of waar om te begin nie. Ons nooi u graag uit om met Yolandé in verbinding te tree by 079 957 5226.

MarinzCrochet

Besoek gerus ons blad deur die skakel te volg.

Volg

Besoek gerus die blad van MarinzCrochet vir daardie spesiale geskenk vir ‘n geliefde.

MarinzCrochet bied items te koop aan asook bestellings wat geplaas kan word.

U ondersteuning aan MarinzCrochet bied ook ondersteuning vir GNR-Live